Die helfte is ons nimmer vertel (2024)

Vooraf: Van die mededelings in hierdie skrywe kom uit vorige blog-plasings, e-posse, City Press en Internetberigte. Maar die heel belangrikste inligting is verkry van ‘n familielid wat 35 jaar lank by Eskom werksaam was. Hy het ons enkele dae gelede laataand geskakel met die volgende woorde: “Alles wat julle van Eskom gehoor of in die media gelees het, is nie die helfte van die werklike situasie nie. Maak gereed vir die ergste!” Ons ander bron is ‘n oud-werknemer van Denel.

Met die beëidiging van die 2de Vryheidsoorlog het die Britse Ryk besef dat hy die Boer nie in ‘n fisiese oorlog met wapens sal kan verslaan nie; hy sou van ander metodes gebruik moes maak, want selfs die ANC se militêre vleuel, Umkhonto we Sizwe, kon met hulle terreuaanslae nie veel uitrig nie.

Na die Sharpville-insident in 1960 het Potlkako Leballo, sekretaris-generaal van die PAC, aan MI6 (die Britse Geheimediens) voorgestel om die jeug in sy opmars teen die wit man in te span. Dit was ‘n uitgerekte proses wat eers werklik vrugte afgewerp het met die Soweto-opstand op 16 Junie 1976 tussen swart skoliere en die owerheid oor die Departement van Onderwys se taalbeleid.

‘n Foto van die sterwende 12-jarige Hector wat deur ‘n huilende medestudent gedra word, het opskudding dwarsoor die wêreld veroorsaak. MI6 het onmiddellik besef dis sy dodelikste hou nog teen apartheid. Maar sy beplande revolusie sou eers 18 jaar later, op 10 Mei 1994 met Mandela se inswering as president afgehandel wees. Polities was die blanke nou ontman en uitgeskakel. Ekonomies was hy egter nog in beheer. Om dit te beëindig sou ‘n tweede revolusie genoodsaak.

En weereens het MI6 die swart jeug hiervoor opgevorder. Julius Malema het al in 2002 MI6 se aandag getrek toe hy ‘n Cosas-optog deur Johannesburg se strate gelei het wat gekenmerk was deur chaos, geweld en pludering. In die daaropvolgende vier jaar is hy noukeurig deur MI6 gemonitor, en toe nadergetrek. Vir bykans 18 maande lank is hy deeglik voorberei, met groot somme geld en beloftes van nog meer, vir Operasie Vula II.

Hy was ‘n nuttige pion, veral nadat die ANC hom in 2012 uit die party geskop het en Malema sy eie party (die EVV) gestig het. Hy het hom vanuit die staanspoor aan die kant van die jeug geskaar, wie se frustrasie teen die blankes in terreuraanvalle gerig was omdat hulle reken die blankes is ‘demone’ en wettige teikens vir ‘n slagting.

Kort hierna word Malema en sy woordvoerder, Floyd Shivambu, deur MI6 Londen toe genooi. Alle koste is uit MI6 se diverse rekening betaal. Malema-hulle word soos eregaste ontvang en bly daar in een van Londen se spog vyfster-hotelle, die Corinthia in Whitehall Place. Kamers in die hotel kos tussen R7 500 en R25 250 per nag. In die vier dae wat hy daar was, is hy twee keer deur MI6-agente besoek.

Met hulle terugkeer na Suid-Afrika kry die ‘tweede revolusie’ teen die blanke skielik ook momentum; en moordlustige uitlatings soos die volgende, word gereeld deur die EVV gemaak: “A revolutionary must become a cold killing machine motivated by pure hate. Honeymoon is over for white people in South-Africa!”

Om geen twyfel te laat oor hulle houding jeens wit mense nie, plaas ene Thato Mbateti ‘n skokkende facebook-boodskap op Julius Malema se blad waarin hy onder andere grusame detail verstrek oor presies hoe wit vroue verkrag moet word, hoe om blanke kinders te verbrand en die mans te martel. Verder noem hy dat Malema self ook sy volgelinge aansê om wittes te vermoor.

Die Menseregtekommissie (MRK) ignoreer al hierdie openlike haatspraak teen die wittes, maar onder druk van ‘n groep blanke swart rektumlekkers word sake teen Sunette Bridges en Steve Hofmeyr aanhagig gemaak.

Die MRK beskuldig Sunette daarvan dat sy kommentaar op haar Facebook-blad toelaat wat op haatspraak neerkom, en voer aan dat sy artikel 10 (1) van die Wet op Gelykheid geskend het deur haatspraak te pleeg en dat sy ook artikel 11 van die Wet geskend het wat handel oor teistering op grond van ras.”

Maar al oortreding wat Sunette Bridges begaan het, was om die moorde, wreede aarandings en verkragtings teen ons mense wêreldkundig te maak en statistieke oor die aantal moorde te publiseer. Sy het nêrens gesê sy haat iemand nie, ook nie dat sy ander se eiendom vir haarself wil toe-eien nie; en nog minder het sy enigiemand ooit met die dood gedreig. Maar sy moet gestenig word.

Die arme Steve Hofmeyr se ellende is nog groter; sy enigste oortreding is dat hy vir sy eie mense opstaan, openlik wys dat hy vir hulle omgee en by een geleentheid saam met 4 000 ondersteuners Die Stem gesing het. Om daardie rede het Hunt Motors die voertuig wat hulle aan hom geskenk het, teruggeneem, word hy deur sy eie mense vervloek en is hy deur talle organisasies soos kunsfeeste verbied om weer by hulle op te tree.

Hoekom?

Front Nasionaal het miskien ‘n verklaring: “Die Stem is tot ‘n groot mate die simbool van die waarheid, die siel van ons volk — die antitese tot ‘n leuen waarmee ‘n hele volk mislei is…”

Ja, het Steve maar liewer Solidariteit se voorbeeld gevolg. Tydens ‘n gradeplegtigheid by hulle opleidingsentrum, Akademia, twee jaar gelede, het Flip Buys, Kallie Kriel en die res van hulle groot kokkedore en hulle hele span hand op die hart gestaan om uit volle bors eer aan die voorvadergees, Nkosi Sikelele iAfrika, te bring.

Maar dis nie al nie, volgens ‘n berig in Praag het Kallie Kriel se Afriforum verlede November sy eie multimiljoenrand Nkandla (ook genoem hoofkantoor) in Centurion geopen. By dié geleentheid het die parkeerarea gelyk soos ‘n motoruitvoerterminaal in Europa, soveel splinternuwe luukse Duitse motors het daar in die Hoëveldse somerson geskitter. Binnekant was dit net marmer en graniet waar jy kyk, met wulpse, mooi, jong blondines in kort, stywe rompies wat oral rondwals. En om Kallie se Nkandla af te rond is daar sonbaddens en ‘n jacuzzi waarin belangrike vergaderings gehou word. Afriforum se honderdduisend lede laat elke maand R10 miljoen instroom.

Front Nasionaal het gaan ondersoek instel wié hierdie Nkosi is waarvoor Solidariteit so eerbiedig op aandag staan. Ons gee net ‘n kort uittreksel: “Uit die gryse geskiedenis van Afrika leer ons reeds dat Nkosi die oudste seun is van Mina Mamo Wê, die vrou wat uit die boom gekom het. Nkosi is die eerste voorvadergees. Om te bid tot Nkosi, om te sing: “Nkosi bewaar Afrika”, wanneer ons voor ‘n rugbywedstryd op aandag staan, om ons kinders op skool liedjies te leer soos Piet Smit se “Jesus is die Groot Nkosi”, is ‘n gruwel voor die aangesig van God. In Levitikus 20 sê Hy uitdruklik: Dit is ‘n gruwel voor die Here om dooies te raadpleeg. Jy mag nie die geeste van gestorwe voorvaders aanroep nie! Die Afrikanermens glo nie in voorvaderaanbidding nie. Ons ondersteuning by geleenthede waar die voorvaders met die sing van hierdie lied vereer word, maak ons aandadig daaraan!)

(Solidariteit gee nie om nie — al die gode is vir hom gelyk en dit maak nie saak tot wie jy bid of wie jy vereer nie, solank jy net ‘n god aanroep).

“Ons stel ons God gelyk aan Nkosi — die groot voorvadergees. En dan lag ons wanneer ons lees hoe die volk van Israel hulleself stukkend gesny en klere geskeur het voor die altare van Baäl en Asjera. Ons speel net so ook ons spele, ons rugby en krieket, voor die lofsang aan die voorvadergeeste. Hoe het ‘n Christenvolk so ver geval?”

Kyk, die volk slaan vuis oor Steve Hofmeyr wat Die Stem sing en Sunette Bridges wat gruweldade teen ons bekend maak, maar intussen vind onwettige grondbesetting, oftewel grondgrypaksies op verskeie plekke in die land onder leiding van die EVV plaas, maar daarvan wil ons nie hoor nie!

Uit al die voortslepende en toenemende stakings, asook die lewensverlies wat daarmee gepaard gaan, moet ons besef dat die gebeure die resultaat is van die revolusionêre doelwitte van die ANC, wat deur die ANC-jeugliga nagejaag word.

Ter voorbereiding vir hierdie finale stadium van die revolusie, het die Jeugliga in Zimbabwe militêre opleiding ontvang.

Die tradisionele leiers het op hulle beurt op SABC-TV die swart massas aangemoedig om in 2015 grond van blankes te gryp en te beset omdat dit ‘gewelddadig van swart mense gesteel is in die verlede’.

‘n Mens kan nie anders as om ‘n bewondering vir die ANC en SAKP te hê om te sien hoe hul revolusie, wat jare lank in Moskou, Londen, Oos-Berlyn en ander stede beplan is, stap vir stap geïmplementeer word nie. Die blanke staan met sy rug teen die muur; en ons moet besef dat die veranderingsproses, die “transformasie” (wat al jare lank ‘n eufemisme vir revolusie is), reeds veels te ver gevoer is.

Byna twee jaar gelede, op 3 Maart 2011, het CNN in ‘n dokumentêre program oor Suid-Afrika die vraag gevra: “Sal die revolusies bo in Afrika nog suidwaarts versprei?” En CNN het self die antwoord verskaf deur te sê “dat lande soos Nigerië, wat bv. na 12 jaar van onafhanklikheid nog steeds disfunksioneel is, die vlamme van revolusies aanblaas, wat stadig maar seker besig is om oral in die Sub-Sahara-streek uit te slaan en suidwaarts uit te kring.”

In Januarie 2013 was daar toe weer ‘n program op CNN oor Suid-Afrika en is die vraag wéér gevra of ons ooit ‘n revolusie gaan beleef, en indien wel, wanneer? En sonder aarseling het CNN gesê: “Suid-Afrika sal binne drie maande (einde April?) in ‘n staat van revolusie verkeer…”

Vandag weet ons dit het nie gebeur nie, maar vandag weet ons ook dat CNN korrek was “dierevolusie slaan oral in die Sub-Sahara-streek uit en kring suidwaarts uit”. Die effek hiervan is dat die ekonomieë van hierdie state begin disintegreer en dat miljoene van hul burgers hawelose vlugtelinge in buurstate word. Voorbeelde hiervan is o.m. Somalië, Mali, Soedan, Suid-Soedan, Niger, Tsjaad, Libië, Demokratiese Republiek van die Kongo, Noordoos-Nigerië, Algerië, ens. Die probleem is verder dat die tendens ‘n patroon vestig, wat verreikende gevolge vir die vasteland kan inhou.

‘n Revolusie hierin Suid-Afrika kan nie meer gestuit word nie, want alles is reeds in plek daarvoor. Dit sal deur die EVV van stapel gestuur word; daarvoor het hulle die nodige opleiding in Zimbabwe ontvang en word groot hoeveelhede gesteelde wapens en amunisie in polisiekantore dwarsoor die land geberg. Hulle wag net vir die beplande kragonderbreking wat móét kom!

Intussen maak Malema hom klaar om volgende week Jacob Zuma se staatsrede in die wiele te ry, tensy hy ‘n datum verskaf van wanneer hy die staatsgeld wat vir die Nkandla-projek gebruik is, gaan terugbetaal. Malema het ook reeds gewaarsku dat sou die sekuriteitswagte en polisie die EVV uit die parlement probeer verwyder, daar bloed gaan loop!

(“Kyk na die parlement,” het Siener gesê “dis waar ons moeilikheid gaan begin!”)

Is Eskom die sneller?

Die familielid en gewese werknemer van Eskom het gewaarsku: “Ons leef op die randjie van ‘n totale ineenstorting — soos julle seker al in die media sien het. Nie ‘n enkele een van die 87 Krag- en substasie in die land werk op die oomblik foutloos nie; by elkeen is daar gebreke, sommige wat onherstelbaar is weens nalatigheid. Dis hoekom City Press oor die naweek kon berig dat Eskom en die kabinet ‘n noodvergadering gehou het in verband met die kragsituasie, en dat daar moontlik ‘n totale “verduistering” in Suid-Afrika kan wees.

“Indien dit gebeur, is daar 204 sleutelpunte in die land wat deur die polisie en weermaglede bewaak moet word.

“Julle besef natuurlik dat dit tot gevolg sal hê dat géén polisiestasie in die land beman sal wees nie — elke beskikbare soldaat en polisieman sal by ‘n sleutelpunt uitgeplaas word. En maak julle maar daarvoor klaar dat daar géén krag vir ten minstens 2 tot 4 weke sal wees nie, miskien nog langer. Sou Eskom daarin slaag om die nodige herstelwerk te doen, benodig hulle 42 000 MW krag om die stelsel weer aan die gang te kry. 42 000 MW krag wat ons waar moet kry? Ons kan nie by die buurstate om hulp gaan aanklop nie; hulle almal koop krag by ons.

“Weens die algehele gebrek aan polisiëring verwag die polisie grootskaalse geweld, diefstal, plundering en moord in dié tyd. Daar sal ook geen kontant by kitsbanke getrek kan word nie, geen brandstof, geen kos, alle besighede sal gesluit wees. Koop meel, olie suurdeeg, medikasie en hou voertuie altyd vol brandstof, sorg ook vir genoeg brandstof vir jou kragopwekker — die meeste garages sal nie brandstof kan voorsien nie!

“Hou vir jou genoeg skoon water aan — die munisipaliteiete sal nie kan water verskaf as die krag af is nie! Sorg vir water om toilette te spoel. Jo-Jo tanks/swembadwater.

“As jy van gas stowe en lampe gebruik maak, sorg dat jy genoeg voorraad het en die bottels vol is! Sorg dat jy genoeg voedselvoorraad het vir 21 dae! Winkels gaan toe maak en daar gaan nie besigheid gedoen word nie! Moenie van jou diere vergeet nie.

“Hou maar kerse en vuurhoutjies byderhand en weet waar al jou lampe/ligte is. Kerse is vir bystand sou jy uit gas en opwekkrag raak. Genoeg brandhout om vuur te maak — jy gaan meesal braai, of koue pap eet (soos oom Siener gesê het.) Vries groot bottels (co*ke 2l bottels) met water en hou dit in jou vrieskas — kan gebruik word om kos koud te hou as die vrieskas af is.

“Sorg vir voldoende medikasie- en noodhulpvoorraad en genoeg kroniese medikasie as jy dit benodig.

“Met die baie vuur en gas wat gebruik gaan word, tref voorsorg vir genoeg brandblussers, ens. sou ‘n onverwagte brand/vuur dalk uitbreek!”

Ons het onsself lank genoeg gebluf deur te sê daar sal niks gebeur nie. En wie nou nog nie besef dat dit GAAN gebeur nie, sal die gevolge (ontnugtering, doodse angs en verskrikking) moet verduur!

(Siener het hierdie verskrikking soos volg beskryf: “Wanneer jy in die nanag wakker skrik van geweerskote, honde wat blaf en mense se vreesbevange skreeue en gille, sal jy weet ons emmer bloed het omgeval.”)

Ons bron het dit ook benadruk dat “Eskom geen vooraf waarskuwing sal gee wanneer die hele netwerk skielik afgeskakel word, of vanself in duie stort nie. Want hulle maak daarop staat dat die publiek al so gewoond is aan beurtkrag dat almal onder die indruk sal verkeer dis maar net nog ‘n fase van beurtkrag en dat dinge weer binnekort na normaal sal terugkeer. Maar dit gaan nie gebeur nie, en jy sal eers besef daar is ernstige probleme wanneer jy nie meer jou selfoon kan gebruik nie, nie meer brandstof by vulstasies kan ingooi nie, winkels toegemaak het, daar geen water in jou kraan is nie en jy in die stikdonkerte moet rondtas opsoek na kerse…

“Reuters het verlede Vrydag berig dat in die geval van ‘n totale verduistering, pres. Zuma en sy kabinet onmiddellik na ‘n plek van veiligheid geneem sal word. Wat Reuters verswyg het, is dat daardie plek van veiligheid Nkandla is.

“Die woorde “plek van veiligheid” verwys na die R36 miljoen se ondergrondse bunkers wat spesiaal vir Zuma en sy familie gebou is. Daar is ook twee hysbakke geinstalleer. Die bunkers is met ‘n 200 meter tonnel direk verbind met die helikopterlandingsplek. In massiewe ondergrondse skure is kosvoorraad opgegaar vir 6-12 maande.”

(Met die kwaai druk wat Malema volgende week op Zuma gaan plaas oor die betaling van sy Nkandla-rekening, sal hy seker ‘n algehele kragineenstorting verwelkom, want dan kan hy gerieflik “verdwyn” en is hy sommer onmiddellik ook ontslae van Malema se geneul in sy ore!)

Hoe haglik die kragsituasie werklik is, kan afgelei word van Eskom se aankondiging gister dat hy ‘n verdere 15 000 MW krag verloor het en verplig was om fase 2 beurtkrag in te stel.

Dit het landswyd chaos veroorsaak en talle besighede het der duisende rande se skade gely.

Om maar net een voorbeeld te noem: ‘n Farmaseutiese firma wat medikasie vervaardig, het gister 20 kilogram poeier in ‘n mengmasjien geplaas, maar kort nadat die mengproses begin het, het die krag skielik afgegaan. Die poeier het vinnig verhard en die firma sowat R26 miljoen skade berokken.

Ons bron: “Die Amerikaanse ambassade in Pretoria het reeds ‘n ontruimingsplan opgetrek om sy personeel veilig uit die land te kry sou die kragnetwerk totaal in duie stort. Al die ander ambassades is ook besig om soortgelyke ontruimingsplanne in plek te kry; terwyl daar haastig voorsiening gemaak word om alle buitelandse BBP’s betyds te ontruim. Weens brandstoftekort sal gedurende hierdie tyd geen vliegtuie beskikbaar wees vir Suid-Afrikaanse burgers om die land te verlaat nie.”

Dié van u wat Roger Teale se profetiese waarskuwing in 1994 gehoor het, sal sy onheilspellende woorde nog kan onthou. Ek haal hom woordeliks aan:

“They (will) close the airports … Oh my! There are seats now and there will not be seats left … And if I am you’re true prophet of the Lord, and if I may ever come back into this country — this is perhaps a great test for me: The Word of the Lord says they will close the airports and you will not get in or out … Oh, they will not close the airports! Why in the world will they do that?

“They will close the airports to domestic traffic. The airports will be open to those without access by virtue of placement and authority, such as it be, but you folks — if you do’nt have a number, if you’re not on their list — you don’t get out…”

Die minister van polisie het pas vir die eerste keer die volledige lys van nasionale sleutelpunte aan die media bekend gemaak. Daar is altesaam 204 sleutelpunte wat ten tye van ‘n landswye kragonderbreking deur die weermag bewaak moet word. Dit sluit o.m. in die SA Reserwe Bank, plus alle ander Reserwe Banktakke dwarsoor die land, die SABC se hoofkantoor in Auckland Park, Johannesburg, Mandela se presidentswoning by Qunu in die OP, FW de Klerk se residensie in Seepunt, die Vaaldam, asook alle ander waterbronne en die groot aantal krag- en pompstasies — om maar net enkeles te noem.

Vreemd genoeg is die Waterkloof Lugmagbasis nie op die lys nie, ook nie enige ander militêre basis nie. Korrektiewe Dienste, gevangenisse en landdroshowe is ook uitgesluit, waarskynlik omdat daar in dié tyd geen hofsittings sal plaasvind nie!

Onthou u nog ene Bulala Umlungu se waarskuwing vroeg in Sept 2014: “Wanneer Eskom se krag landswyd afgaan, begin ‘Operation umlungu amandla’ — wat beteken ‘maak dood die wit man’…”

M.a.w. daar word al lankal vir hierdie slagting voorberei. Die panga’s, knopkieries en AK-47’s is geslyp, opgevryf en ge-olie.

En ons, ons wat geslag gaan word? Ons wil dit nie hoor nie! Want ons het mos ons alarmstelsels, hoë mure en veiliheidshekke, en ons het aan niks gebrek nie. Ons geniet FW se Nuwe Suid-Afrika met sy casino’s, bordele, tennis, gholf, krieket, rugby en Sewende Laan; ons geniet ons vet salarisse, Merc’s, BWM’s en spoghuise, en ons sal ook nie FW se wyse woorde vergeet nie: “Hou vas aan die beste Grondwet ter wêreld (tog net nie aan onse God se Woord nie!); vat hande oor alle grense heen, vergewe julle Godhaters se wandade en doen belydenis van die wrede apartheidstelsel, want kyk, julle bly nou in ‘n Nuwe en beter Suid-Afrika as vantevore…”

En die hele volk het gesê: “Amen!”

Die helfte is ons nimmer vertel (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Sen. Emmett Berge

Last Updated:

Views: 6789

Rating: 5 / 5 (60 voted)

Reviews: 91% of readers found this page helpful

Author information

Name: Sen. Emmett Berge

Birthday: 1993-06-17

Address: 787 Elvis Divide, Port Brice, OH 24507-6802

Phone: +9779049645255

Job: Senior Healthcare Specialist

Hobby: Cycling, Model building, Kitesurfing, Origami, Lapidary, Dance, Basketball

Introduction: My name is Sen. Emmett Berge, I am a funny, vast, charming, courageous, enthusiastic, jolly, famous person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.